Laerskool Simon Van Der Stel

Hoekom Simon van der Stel?

Ons skool bestaan alreeds sedert 1930 en is geleë in die pragtige, immergroen, historiese Wynberg. Duisende kinders het sedertdien hierdie beginjare die voorreg gehad om Simon van der Stel te beleef. Die skool het ‘n ryk tradisie, maar is vir seker nie verstok nie en betree tans ‘n opwindende nuwe groeifase. Die restourasie-projek wat die skoolgeboue in sy volle glorie herstel het reeds ver gevorder en sal deur die loop van 2020 voltooi word. Terselftertyd, het ons ook hierdie jaar ons reis na veeltaligheid begin met die inname van twee Engelse klasse (Graad R en 1). Hierdie webblad bied ‘n blik op die skool wat ons hoop sal help met die besluit om U kind se opvoeding aan ons toe te vertrou. Ons glo dit is een besluit waaroor u nooit spyt sal wees nie.  

Daar is reeds baie geskryf en nagevors oor die voordele van moedertaal-onderrig vir u kind. Daar word aanbeveel dat kinders vir ‘n minimum van ses en selfs ag jaar in hul moedertaal onderrig ontvang. Simon van der Stel is steeds die voorkeur keuse vir Afrikaanse onderrig in die suidelike voorstede.

Soos ons missie aandui (“Waar elke kind belangrik is”), is u kind se opvoeding in sy geheel van kardinale belang vir ons. Om dit te bereik, handhaaf ons 'n gesonde balans tussen die drie belangrike opvoedingspilare, naamlik akademie, sport en kultuur. Hierdie aspekte word onderlê deur die aanleer van Christelike waardes en beginsels. Ons streef verder ook daarna om geleenthede te skep vir leerders om uit te blink in aktiwiteite in alle hierdie areas. Volgehoue uitmuttende prestasies van ons leerders in die klaskamer, op die sportveld en op verhoë is bewyse hiervan.   Die leuse "Waarheid Wen" is vandag nog die trots van Simon van der Stel.